Moet nie skoolfonds aan dié ou betaal nie
‘n Ouer van Hoërskool Die Anker is ontstoke omdat sy deur ‘n man, wat skoolfonds namens die skool invorder, getreiter word. Rosina Nell het vinnig snuf in die neus gekry toe sy deur die man genader is, aangesien haar kinders se skoolfonds nog nooit agterstallig was nie. Die man het haar sowat twee weke gelede …
‘n Ouer van Hoërskool Die Anker is ontstoke omdat sy deur ‘n man, wat skoolfonds namens die skool invorder, getreiter word.
Rosina Nell het vinnig snuf in die neus gekry toe sy deur die man genader is, aangesien haar kinders se skoolfonds nog nooit agterstallig was nie.
Die man het haar sowat twee weke gelede gebel en gesê dat hy ‘n lid van die skool se beheerliggaam is en dat hy agterstallige skoolfonds insamel.
“Die man het al my persoonlike besonderhede, soos huis- en posadres geken,” het Nell gesê.
“Hy het ook geweet dat ek tans net een kind in die skool het, maar dat daar voorheen ook van my ander kinders in die skool was.
“Ek is ‘n geskeide ma en doen jaarliks aansoek vir ‘n subsidie.
“Die man het vir my gesê dat daar probleme was met vorige vorms wat ek voltooi het.
“Alhoewel hy baie oortuigend was het ek tog nie gerus gevoel nie.”
Sy het navraag by die skool gedoen en vasgestel dat die persoon waarkynlik ‘n kans vat, aangesien daar slegs een persoon is wat met alle sake aangaande skoolfonds werk.
“Ek het ‘n nommer vir die man gehad en hom gekonfronteer, en toe het dinge baie lelik geraak,” het Nell vertel.
“Hy het my gevloek en gedreig. Ek het toe ‘n vriendin en ‘n familielid gekry om hom te bel en die man was onbeskof en ontwykend.”
Die naam wat die persoon gebruik is aan die Herald bekend en die skoolhoof, George Nell, het bevestig dat daar beslis nie so ‘n persoon op die beheerlliggaam van die skool dien nie.
“Daar is net een persoon, Alet O’Neill, wat met ons skoolfonds werk,” het Nell gesê.
“ierdie persoon het beslis geen opdrag van my of enigiemand anders gekry om die betrokke ouer te kontak nie.
“Dit maak my bekommerd dat die man soveel persoonlike inligting van my het,” het Rosina Nell gesê.
Sy het intussen ‘n verklaring by die SAPD gaan aflê.
Indien enigiemand anders soortgelyke ondervindings ervaar het kan hulle die besonderhede aan die Herald e-pos, by Brakpanherald@caxton.co.za, stuur, of ons kantoor by 011 740-1825 skakel.