Malcolm Booysen saak wéér uitgestel
Die familie van oorlede Malcolm Booysen voel dat dit onregverdig is dat die saak teen die kind wat hul seun se dood veroorsaak het steeds sloer.
Die minderjarige bestuurder wat die dood van Malcolm Booysen (14) op 7 Junie 2025 veroorsaak het, sou na verwagting Dinsdag, 20 Oktober, in die Brakpan-landdroshof gevonnis word, maar tot groot frustrasie van die Booysen-familie is die saak weereens tot 3 November uitgestel.
Toe Helen-Ann Pelser, Malcolm se ma, by die A-hof uitstap, is sy deur haar suster, Merissa Strauss, omhels. Sy het gehuil oor hoe onregverdig dit is dat die saak aanhoudend uitgestel word.
“Ek is so ongelukkig oor die saak wat weer uitgestel is. Ons as familie soek net afsluiting sodat ons kan aanbeweeg,” het sy by die hof aan die Herald gesê.
Sy is ook deur haar drie ander seuns, Jason, Jacques en Austin Booysen, sowel as Malcolm se ouma, Alta Booysen, bygestaan.

OOK LEES: Frustration mounts as sentencing is delayed in Malcolm Booysen case



