Local newsMunicipalNews

Hou Jan Taks gelukkig

Die belastingseisoen het begin en dit weer daardie tyd van die jaar om jou inkomstebelastingopgawe in te vul en in te dien.

Daar is verskeie maniere om jou opgawe in te dien. Wanneer jy beplan om eFiling te gebruik kan die vyf eenvoudige stappe gevolg word.

*Meld aan met jou eFiling-gebruikersnaam en –wagwoord
* Bevestig die persoonlike en salarisinligting (IRP5) wat reeds op jou opgawe aangebring is.
* Voltooi die velde vir enige bykomende inkomste en jou aftrekkings.
* Bereken jou verwagte aanslagresultaat met die aanlynrekenaar.
* Wanneer jy gereed is om die opgawe by SARS in te dien, klik net op die “File Return”-knoppie. Indien iets verkeerd of onvollegdig is, sal eFiling jou vra om te reg te stel.
Indien jy verkies om self jou opgawe by ‘n SARS-tak in te dien moet jy die volgende doen.
Neem al jou belasting- en persoonlike dokumente na jou naaste tak (Brakpan het nie ‘n tak. Die naaste tak is Springs) Dit sluit in:
* IRP5/IT3(a)-sertifikate wat deur jou werkgewer of persioenfonds verskaf is.
* Mediese fondssertikikate en –kwatansies/uittreeannuiteit-sertifikate
* Logboek (indien jy ‘n motortoelae ontvang of ‘n maatskappymoeot gebruik)
* Oorspronklike of gesertifiseerde afskrifte van jou ID, paspoort of rybewys

Indien jou bankbesonderhede in die afgelope jaar verander het neem die volgende saam.
* Gesertifiseerde afskrifte van jou ID, paspoort of rybewys
* Bankstaat met oorspronklike bankstempel, nie ouer as drie maande
* Bewys van woonadres (bv munisipale rekening.
As al die volgende van toepassing is, hoef jy nie ‘n belastingopgawe in te dien nie:
* Jy verdien slegs ‘n salaris en net van een werkgewer
* Jy het geen ander vorm van inkomste nie (bv. Belasbare rente of verhuring of inkomste uit ‘n ander werk)
* Jou totale salaris vir die jaar beloop nie meer as R250 000 voor belasting nie.
* Jy wil geen belastingaftrekkings eis nie (bv. Mediese uitgawes, uittreeannuiteit-fondsbydraes, reiskoste).

As jy onseker is of jy ‘n belastingopgawe moet indien of nie besoek www.sars.gov.za of bel die kontaksentrum by 0800 00 7277.
Opgawes moet op die volgende datums ingehandig word:
* Papieropgawes per pos of plasing in ‘n SARS-posbus: 27 September 2013
* Elektronies by ‘n SARS-tak: 22 November 2013
* Nie-voorlopige belastingbetalers wat eFiling gebruik: 22 November 2013
* Voorlopige belastingbetalers wat eFiling gebruik (31 Januarie 2014)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button