EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Geniet die Winterfees

Die NG Kerk, Dalpark, bied op 3 Augustus ‘n Winterfees met ‘n Disneyland tema aan.

Die prettighede sal om 8vm afskop en die organiseerders is reeds hard aan die werk en beplan om die dag ‘n onvergeetlike een te maak.
Die publiek, en veral die jongspan, sal die geleentheid kry om hul gunsteling Disneykarakters te ontmoet en die “We’ve got talent”-kompetisie is beslis een van die hoogtepunte.

Deelnemers kan kontantpryse ter waarder van R5 000, R1 000 en R500 wen.
Daar sal deur die loop van die dag vermaak wees en geen terkort aan eet- en drinkgoed nie. Die Winterfees word op die kerkgronde, te Boekenhoutstraat, Dalpark, gehou.

Persone wat belangstel om stalletjies te huur kan vir Karina Pienaar by 011 915-1858 skakel.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button