Local newsNews
Gideon Coetzee oorlede
‘n Bekende inwoner van die dorp, Gideon Coetzee (80), is onlangs oorlede.

Gideon en sy vrou Annatjie (72) het die afgelope 20 jaar in Brakpan gewoon.
Hy was nou betrokke by die NH Kerk, Brakpan waar hy sondagskool gegee het en ook met die katkisasie klasse gehelp het.
Sedert Gideon ‘n paar jaar gelede afgetree het, het hy gereeld sy vrou vergesel na kleuterskole waar sy vir die kinders musiek gemaak het.
Hy het dikwels, wanneer die kleintjies sou dans, self opgespring en tot groot vermaak van almal saam met die kinders gedans.
Hy het altyd tyd ingeruim om ‘n geselsie met oud en jonk aan te knoop en sy vriendelike persoonlikheid het gemaak dat hy baie gewild was.
Hy laat twee seuns Deon en Elfred, en agt kleinkinders na.
Die begrafnis het Saterdag vanuit die NH Kerk, Brakpan plaasgevind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.