CrimeLocal newsNews

Voëls oopgesny, vol gif geprop

Die uiterstes waartoe voornemende diewe sal gaan om honde te vergiftig het onlangs nuwe betekenis gekry.

‘n Inwoner van Lesterstraat, Brenthurst, is Woensdagnag verstom oor die metode wat gebruik is in ‘n poging om sy drie honde te vergiftig.

Bokkie Trollip (65) het vertel dat ‘n persoon, wat in ‘n woonstel op sy erf woon, Woensdagnag wakker geword het van die honde se geblaf.

“Hy het deur die venster gekyk en gesien hoe ‘n man met ‘n wit hoed iets oor die muur gooi,” het Bokkie vertel.

“Hy het my wakker gemaak om ondersoek in te stel en ons het drie voëls, waarvan die vere almal uitgetrek was, in die erf opgemerk.

“Die voëls was oopgesny en die gif (vermoedelik ‘Two Step’) was in die voëls in gedruk.

“Daar was ook ‘n tipe van ‘n vloeistof aan die voëls gesmeer.

“Gelukkig het nie een van ons drie honde aan die voëls begin eet nie en ons het daarvan ontslae geraak.

“Ek dink dit is ‘n nuwe plan van die mense wat honde vergiftig; hulle kan moontlik nie vleis of wors bekostig om die gif in te versteek nie, en nou moet arme voëls dit ontgeld.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar.

“Inwoners moet maar twee keer kyk wanneer hulle volgende keer ‘n dooie voëltjie in die tuin opmerk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button