Editor's noteLocal newsNews

Mans is ook slagoffers van geweld

Alhoewel 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders tans in die land van toepassing is, was die fokus Vrydag by die Ondersteuningsraad op die manklike geslag.

‘n Groot groep mans, wat gereelde kliënte van die raad is, is getrakteer op ‘n ete wat deur Smartcom, in Hyde Park, geborg en voorberei is.

Mona Loubser, van die Ondersteuningsraad, het verduidelik dat die raad deeglik bewus is van die veldtog vir vroue en kinders, en bygevoeg dat dit ‘n uitmuntende idee is.

“Ons kry egter daagliks te make met mans wat ook mishandel word en daarom het ons besluit om ook die mans so ‘n bietjie te bederf,” het Loubser gesê.

Haar boodskap aan die manne was om nie terug te sit en toe te laat dat hulle deur vroue mishandel word nie.

Loubser het gesê dat daar mans in die groep is wat fisies en emosioneel deur vroue mishandel word.

“Dit is nie nodig vir mans om dit weg te steek nie. Dit is beter om daaroor te praat en die regte hulp te kry,” het sy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button