Kruise van hoop word opgerig
Die groot wit kruise met die bewoording Brakpan for/vir Jesus is nie meer ‘n vreemde gesig in die dorp nie.

Sedert 2009 is 10 kruise by al die ingange van die dorp aangebring en danksy ‘n onlangse samewerkingsooreenkoms tussen die Ekurhuleni Metro, die Ekhurhuleni Verkeerspolisie (EMPD) asook die Brakpan for/vir Jesus groep word die kruise nou ook op openbare plekke in die dorp aangebring. Die nuustste toevoeging is die een, wat onlangs in die wandellaan staan gemaak is. Daar is ook reeds kruise by die Brakpan Stasie, in Wendenlaan en in Dalview, by die groot verkeerssirkel opgerig. Volgens ‘n woordvoerder van die Brakpan for/vir Jesus groep word daar veral in hierdie tyd gekonsentreer op die 16 dae aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders nie maar moet die kruise ‘n aanmoediging wees vir die mense van die dorp om hoop te hê vir alles wat kwel. Op die foto (van links) staan: Carla van der Wath (17), Cebile Thantsi (EMPD), supt Eben Scheepers (EMPD), Calie Boshoff (7), Jaco van der What (13), Anja Boshoff (5), Arina Nell (8), Colin Magabane (EMPD), en Anke Nell (9).



