Local newsNews

Eerste bevelvoerder van ROT oorlede

Die eerste bevelvoerder van die Regiment Oos-Transvaal (ROT), kommandant Hennie Crous, is onlangs in die Wilgers Hospitaal, in Pretoria, oorlede, enkele dae nadat hy ‘n heupbreuk opgedoen het.

Tydens die roudiens, wat op 18 Desember vanuit die dienssentrumsaal van die Wilgers Aftreeoord gehou is, is daar van hom afskeid geneem deur familie, vriende en dienende- sowel as oud-lede van die Regiment Oos-Transvaal.

Benewens sy bevelvoerderskap van ROT (1964-1972), was Crous ook departementshoof van die destydse departement van gesondheid van die stadsraad van Brakpan.

Hy het in 1991, na 44 jaar ononderbroke diens, by die stadsraad van Brakpan afgetree en kort daarna na Pretoria verhuis.

‘n Huldeblyk is, tydens die roudiens, deur majoor Louw Rossouw namens die regiment en die breë geemeenskap van Brakpan gelewer.

Crous word oorleef deur sy vrou, Hester, ‘n seun en twee dogters, asook kleinkinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button