Editor's noteLocal newsNews
Laaste kans om te registreer
Inwoners van die dorp wat nog nie geregistreer is om in vanjaar nasionale en provinsiale verkiesing te stem nie, sal nog net die naweek ’n kans kry om dit te doen.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Saterdag en Sondag (8 en 9 Februarie) beskikbaar gestel sodat mense nog kan registreer.
President Jacob Zuma sal na verwagting binnekort die verkiesingsdatum bekendmaak.
Vir meer inligting kan die OVK se tolvrye nommer van 8vm tot 5nm daagliks by 0800 11 8000 geskakel word.
Om uit te vind of jy vir die verkiesing geregistreer is, SMS jou identiteitsnommer na 32810.
Onthou om jou groen identiteitsboekie saam te neem wanneer jy die naweek vir die opkomende verkiesing gaan registreer.
Registrasie lokale sal vanaf 8vm tot 5nm oop wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



