Editor's choiceLocal newsNews

Kragfout lei tot groot skade

Talle inwoners van die Tweedy Park kompleks het voor verlede week skade gelei toe daar groot fout met die kragtoevoer na die 50 woonhuise in die kompleks ontstaan het.

Die meeste inwoners is dit eens dat daar verlede Saterdag ‘n kragoplewing (power surge) was, wat veroorsaak het dat mikrogolfoonde, radio’s, rekenaars, wasmasjiene, videomasjiene en selfs yskaste daarmee heen is.

Die grootste frustrasie is egter dat die inwoners voel dat hulle nie aanvaarbare antwoorde of samewerking van die metro ontvang nie.

Baie van die mense het ook nie assuransie op die huishoudelike items wat onklaar geraak het nie,” het Pieter Niemand (83), wat in huis nommer een woon, gesê.

”Die meerderheid van die mense is deur die voorval geaffekteer en dit is baie frustrerend.”

Nellie Marais (63), van huis nommer twee, het gesê dat haar televisiestel, wasmasjien en ‘n mikrogolfoond, wat sy by iemand geleen het, in die slag gebly het.

“Ek is ‘n diabeet en ek sukkel met rugprobleme, nou moet ek noodgedwonge my wasgoed, met ‘n baie groot gesukkel, in die bad was,” het sy vertel.

Leahtesia Hechter (66) woon in huis nommer 11 en is ewe ontsteld.

Haar televisie, mikrogolfoond en wekker sal vervang moet word.

“Ek weet dat meeste van die mense hier skade gelei het, en baie van die mense het nie assuransie nie, of is nie in ‘n posisie om die goed te vervang nie,” het sy gesê.

Marie du Plessis, wat in huis nommer 12 woon, het gesê dat haar man gelukkig die geraas by die kragbord in die huis gehoor het.

Hy het die hoofskakelaar afgeskakel en dit het waarskynlik daartoe gelei dat die du Plessis egpaar nie groot skade gelei het nie.

”Die meter wat aan die solar geiser gekonnekteer is werk egter nie meer nie; dit is ook die geval by talle ander mense en veroorsaak dat ons by tye net koue water het,” het du Plessis gesê.

“Ons het gehoor dat daar glo kabels gesteel is, maar ons is almal oortuig daarvan dat daar om een of ander rede ‘n kragoplewing was,” het ‘n inwoner, wat gevra het om annoniem te bly, gesê.

Die Herald het die metro vir kommentaar oor die situasie genader. Sodra dit ontvang word sal dit gepubliseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button