Local newsNews
Skoolkore kan nou inskryf
Suid-Afrika se oudste skoolkoorkompetisie, ATKV-Applous, nooi alle skoolkore om deel te word van hierdie nasionale prestige kompetisie.

Laerskole kan inskryf in die volgende afdelings: meer en minder ervare senior kore, asook junior kore. Nie-Afrikaans moedertaalsprekende skole kan inskryf in die afdeling vir senior- en of juniorkore. Die hoërskole-afdeling bestaan uit Afrikaans en nie-Afrikaanse minder ervare kore, asook ‘n meer ervare afdeling. Beide afdelings sluit die volgende kategorieë in: seuns, meisies en gemengde kore. Skole en koorleiers het tot 14 Maart om hul skoolkore in te skryf vir ATKV-Applous. Vir meer inligting besoek www.atkvprojekte.co.za, of kontak vir Bessie Keun by 082 454 6060, of Johan Esterhuizen by johane@atkv.org.za.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



