NewsSchool sportSchoolsSport

Die Anker vaar goed in prestige-reeks

Hoërskool Die Anker het in die voorseisoen deelgeneem aan die PUK prestige-reeks vir groot en makro-skole. Sestien skole het aan die reeks, wat vanaf Potchefstoom tot Middelburg strek, deelgeneem. Skole soos Potchefstroom Gimnasium, Potchefstroom Volkskool, Witbank Tegnies Hoërskool Middelburg, Zwartkop, Wonderboom en Noordheuwel was onder die deelnemers. Die Anker neem reeds die afgelope drie jaar …

Hoërskool Die Anker het in die voorseisoen deelgeneem aan die PUK prestige-reeks vir groot en makro-skole.

Sestien skole het aan die reeks, wat vanaf Potchefstoom tot Middelburg strek, deelgeneem.

Skole soos Potchefstroom Gimnasium, Potchefstroom Volkskool, Witbank Tegnies Hoërskool Middelburg, Zwartkop, Wonderboom en Noordheuwel was onder die deelnemers.

Die Anker neem reeds die afgelope drie jaar aan dié kompetisie deel, en was in die eerste jaar 13de, verlede jaar negende en het vanjaar ‘n alghele agtste plek behaal.

“Die reeks poog om maksimum deelname van leerders te bevorder en daarom neem die skool met 10 rugbyspanne, 10 netbalspanne, agt hokkiespanne, seunshokkie, skaak, tennis, landloop en golfspanne deel,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Die senior skaakspan het rede gehad om breed te glimlag nadat hulle die PUK prestige-reeks gewen het.

Related Articles

Back to top button