Local newsNews

Dansers neem deel in Engeland

Die Julie vakansie was vir somige kinders baie meer opwindend as vir ander.

‘n Aantal dansers van die dorp het aan die Wêreld Dans Kampioenskappe te Blackpool, Engeland gaan deelneem. Die 16-jarige Robyn Steyn wat al dans vandat sy ‘n klein dogtertjie is het die kompetisie baie geniet en goed gevaar in die afdelings waarin sy deelgeneem het.

Robyn het ook verlede jaar aan die Wêreld Disco Kampioenskappe in Duitsland gaan deelneem. Vir Charlize Ströh was die ondervinding om in Engeland te gaan dans ook ‘n onvergeetlike ervaring. Dié talentvolle danser spog met ‘n rits prestasies agter haar naam en glo dat haar deelname in Blackpool baie leersaam was.

 

freestyl_574445714

Robyn Steyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button