Local news

Skietopleiding slyp Brakpan-tak van Afriforun se vaardighede

AfriForum se Brakpan-tak het die afgelope naweek skietopleiding by die Rooikraal-skietbaan net buite Brakpan aangebied.

AfriForum se Brakpan-tak het die afgelope naweek skietopleiding by die Rooikraal-skietbaan net buite Brakpan aangebied as deel van die tak se voortgesette verbintenis tot die ontwikkeling van bekwame gemeenskapsveiligheidsvrywilligers.

Die opleiding het 16 deelnemers die geleentheid gegee om hul skietvaardighede in toestande met beperkte sigbaarheid te oefen. Dit het verhoogde konsentrasie, dissipline en ’n deeglike begrip van veilige vuurwapenhantering geverg.

Vir gemeenskapslede wat as vrywillige buurtwaglede optree is voortgesette opleiding belangrik om vaardighede te ontwikkel en te behou.

“Hoewel geen opleiding elke moontlike noodsituasie volledig kan naboots nie, help gereelde oefening om lede se vertroudheid met hul toerusting, veiligheidsprosedures en verantwoordelikhede te versterk,” sê Danie van der Merwe, protospanleier van AfriForum se Brakpan-tak.

“Gemeenskapsveiligheid vereis meer as net die bereidwilligheid om betrokke te raak, dit vereis ook verantwoordelikheid, dissipline en ’n verbintenis tot verbetering.


Vrywilligers het hul skietvaardighede onder toestande met beperkte sigbaarheid opgeskerp. FOTO: Verskaf

“Ons wil verseker dat ons lede die belangrikheid van veilige vuurwapenhantering verstaan en hul vaardighede verantwoordelik ontwikkel,” sê van der Merwe.

AfriForum se veiligheidsbenadering berus op die beginsel dat gemeenskappe ’n aktiewe rol in hul eie veiligheid kan speel deur georganiseerde buurtwagte, goed opgeleide vrywilligers en samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander relevante veiligheidsrolspelers.

“Opleidingsgeleenthede soos hierdie dra by tot die ontwikkeling van gemeenskapsveiligheidstrukture wat hul verantwoordelikhede ernstig opneem en binne die raamwerk van die wet optree.

“Deur vaardighede voortdurend te ontwikkel, kan vrywilligers beter toegerus word om hul gemeenskappe op ’n verantwoordelike en gekoördineerde wyse te ondersteun,” sê Yvonne Gerber, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.


ALSO CHECK: GTI records more than 20 arrests, discontinues 65 unroadworthy minibuses

ALSO CHECK: FOLLOW-UP: Six more municipal pools finally open, rest to remain closed

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button