Local newsNews

Bejaardes ingeloop met vervalste geld

‘n Bejaarde egpaar, wat ‘n vlooimarkstalletjie in die Brakpan Wandellaan bedryf, is Maandagmiddag lelik ingeloop.

Edwin Cooper  vertel dat hy en sy vrou, Aletta , die stalletjie bedryf om ‘n ekstra inkomste te kry. Hulle verkoop iets van alles.

‘n Persoon het Maandagmiddag om ongeveer 2.30nm by die stalletjie opgedaag en R50 se goedere gekoop.

Hy het met ‘n R200 noot betaal en daarna vinnig die hasepad gekies.

Toe die Coopers die noot van nader bekyk, was dit so duidelik soos daglig dat dit ‘n vervalste noot is. ‘n Gryserige skets aan die agterkant van die noot, wat soos die kop van oud President Nelson Mandela lyk, laat dadelik die aap uit die mou.

“Ek het gou rondgekyk of ek nie dalk die man raaksien nie, maar hy was klaar weg,” het Edwin gesê.

Hy het bygvoeg dat mense maar versigtig moet wees en twee keer moet kyk voordat hulle net geld ontvang.

“Ons is R150 armer asook die goedere wat die man `gekoop’ het,” het Edwin gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button