Editor's choiceLocal newsNews

Vrou ondergaan operasie na ongeluk, begrafnis vir man vind môre ( Vrydag) plaas

Die vrou wat verlede Sondagaand kritiek in ‘n motor ongeluk, wat die lewe van haar man geëis het, beseer is, is Vrydag geopereer.

Alida Brits (32) het Vrydag ‘n operasie aan haar nek ondergaan, in die Netcare Sunninghill Hospitaal.

Volgens ‘n nabye familielid van Alida gaan dit onder die omstandighede beter, maar is sy nog geensins buite gevaar nie.

“Alida se beserings is van so ‘n aard dat daar op enige stadium nog iets verkeerd kan gaan,” het die familielid gesê.

Die vrou is verlede Sondag beseer toe sy saam met haar man, Dirkie Brits, en hul twee kinders, Madelyn (14) en Leoni (10), in ‘n ongeluk op Mainreefweg betrokke was.

Dirkie is op die toneel dood, terwyl Alida en Madelyn ernstige beserings opgedoen het. Leoni se beserings was nie so ernstig.

“Dit gaan ook beter met Madelyn, maar sy word ook steeds in die hospitaal behandel. Ons is nie seker wanneer sy ontslaan sal word nie,” het die familielid gesê.

Madelyn het ernstige gesigbeserings opgedoen, asook ‘n gebreekte been en enkel en sy sou ook die week ‘n operasie ondergaan.

Die ongeluk het plaasgevind toe ‘n persoon, wat in die rigting van Benoni gery het, glo van voor met die Corsa, waarin die Brits gesin gery het, gebots het.

Die 64-jarige man is gearresteer en word van manslag en dronk bestuur aangekla.

Die ondersoekbeampte in die saak, s-oa Albert van Wyk, het gevra dat enigiemand wat die ongeluk sien plaasvind het, of kort daarna op die toneel was, hom sal kontak.

Alberts kan by 011 741-4800 gekontak word.

‘n Famililid het (gistermiddag)  Woensdag bevestig dat Alida ontslaan is en dat die begrafnis vir Dirkie Vrydag om 11vm vanuit die PPK Lighuis Kerk in Prince Georgelaan plaasvind.

Lees die vorige berigte:

Pa sterf in ongeluk, ma en kind (13) steeds kritiek

Vrou sal van voor af moet leer loop na ongeluk wat haar man eis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button