Community AnnouncementsEditor's choiceNews

Seun (11) voorkom vlammehel by ouerhuis

Die geneul van ‘n 11-jarige seun het Woensdagaand waarkynlik voorkom dat groot skade by sy ouerhuis aangerig is.

Dié voorval het ook die werklikheid van beurtkrag en die moontlike gevare, wat daarmee gepaard gaan, op die voorgrond gestel.

Die McKenzie gesin van Brenthurst het Woensdagaand, soos talle ander inwoners van die dorp, noodgedwonge ‘n kragopwekker aan die gang gekry toe beurkrag in die woonbuurt geïmplimenteer is.

Die gesin se kragopwekker staan op ‘n patio, wat redelik naby aan Ryan McKenzie se slaappakamer is.

“Ons het maar die normale takies afgehandel en ek het gesorg dat Ryan en sussie , Megan (8) in hul beddens kom,” het Margie McKenzie vertel.

“Die krag het intussen aangegaan en ons het die kragopwekker afgeskakel. Ek was nog aan die gang met ‘n paar dinge toe Ryan my net so na 9nm roep ,” het Margie vertel.

“Hy het  vir my gesê dat iemand vleisbraai en dat dit nie lekker ruik nie.”

“Ek het nie veel notisie geneem nie  en kon ook nie ruik wat hy geruik het nie,” het Margie gesê.

Ryan het sy ma kort daarna vir die tweede keer na sy kamer geroep en gesê dat die reuk erger word en dat dit regtig sleg ruik.

“Ek het steeds niks geruik nie en het langs hom op sy bed gaan sit. Ons het ‘n rukkie gesels en ek het toe na sy venster gegaan om uit te kyk.”

Margie het haar boeglam geskrik toe sy ‘n helder oranje gloed op die patio sien.

“Ek het besef dat dit net die kragopwekker kon wees en het my man Brian geroep.”

Die kragopwekker was inderdaad aan die brand maar dit was die houer, met brandstof en  drie gasbottels wat digby die opwekker gestaan het, wat Brian en Margie vinnig laat spring het.

“Toe Brian die houer met brandstof skuif was dit reeds warm,” het Margie gesê.

“Ons het ook ‘n gasbraai op die patio en daar het drie gasbottels gestaan,” het sy bygevoeg.

Brian en Margie kon gelukkig daarin slaag om die brand te blus voordat groot skade aangerig is.

“Ek sidder om te dink wat sou gebeur het as die brandstof aan die brand geraak het,” het Margie gesê.

“Ons is oor die algemeen baie versigtig maar dit neem ‘n voorval soos dié om ‘n mens net weer bewus te maak van alledaagse gevare in en om die huis.”
“Baie mense gebruik deesdae kragopwekkers en ek hoop dat ons noue ontkoming ander daaraan sal herinner om tog versigtig te wees,” het Margie gesê.

Sy is baie dankbaar teenoor Ryan wat aanhou karring het oor die slegte reuk van, wat hy gedink het, was braaivleis wat brand.

“As Ryan my nie na sy kamer geroep het nie kon die gevolge baie erger gewees het, het Margie gesê.
“Ons is sommer baie trots op hom,” het sy bygevoeg.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Stacy Slatter

News editor Stacy Slatter is a seasoned journalist with 20 years of experience in community news. Throughout the years, she has covered a wide range of topics, from crime, municipal news and human interest stories, to sports and community events. Stacy also has extensive sub-editing experience.

Related Articles

Back to top button