Egpaar vier 50 jaar van liefde
Dr Kobus (71) en Anna (70) van den Berg vier vandag hul 50ste huweliksherdenking.
Hulle is in 1965, in Goodwood, Kaapstad, getroud.
Hulle het mekaar in Kaapstad, by ‘n kerk jeugdiens, ontmoet en alhoewel Anna skaam was, het dit vir Kobus nie ontmoedig om vir haar te gaan kuier nie.
Hul het drie kinders en vyf kleinkinders.
Die Van den Bergs woon al die afgelope 14 jaar in Brakpan en bedien al vir 12 jaar die Lede In Christus kerk.
Kobus, wat ‘n pastoor is, het al regoor die wêreld gereis en in, onder andere, Nederland, België, Duitsland, Italië en regdeur Afrika, tot in Egipte, dienste gelei.
Die paartjie is tans nog by sendingswerk en berading betrokke.
Hulle raad vir jonger paartjies is dat geloof in God, verdragsaamheid, welwillendheid, verdra, vergewe en liefde vir mekaar belangrik is.
“As mense vir my vra hoe ek dit reg kry om so lank getroud te bly, sê ek dat dit net deur die genade van God is,” sê Anna, terwyl sy nog soos ‘n jong verliefde meisie na Kobus kyk.
Die publiek word uitgenooi om hierdie spesiale dag saam die egpaar te vier vanaf 2nm by die Walter Sisulu Botaniese Tuine .
As eningiemand ‘n spesiale boodskap wil aanstuur vir Kobus en Anna van den Berg stuur die boodskap aan cefasb7@yahoo.com, Cefas van den Berg.



