Local newsNews
Nog ‘n bielie van ‘n karp in die Brakpan Dam gevang
Johan Viviers (32) het onlangs die grootste vis wat hy nog gevang het, by die Brakpan Dam uitgetrek.
Die karp, wat hy in die vroeë oggendure gevang het, het ‘n allemintige 13.5kg geweeg.
Johan vertel dat hy ‘n uur en ‘n half gespook het om die vis uit die water te kry.
“Ek het die vis weer laat gaan, sodat dit groter kan word en ek dit weer kan vang,” het hy geskerts.
“Die mense wat sê dat daar nie vis in die Brakpan Dam is nie, moet maar weer dink.”
Die Herald het onlangs berig oor ‘n 62-jarige vrou wat ook ‘n karp van sowat 10kg by die Brakpan Dam gevang het.
Lees die berig hier: Vrou (62) trek groot karp uit by Brakpan Dam
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.