Editor's noteLocal newsNews
Ooggetuies gesoek na gru-ongeluk
Ooggetuies word gesoek na die ongeluk wat Vrydagaand (10 April) die lewe van ‘n 28-jarige man geëis het.
Die ongeluk het in Farquharonweg, op die brug net voor Sonneveld, plaasgevind.
Jaco Boshoff, wat op ‘n motorfiets gery het, is opslag dood.
‘n Wit Polo met drie insittendes en ‘n Nisssan Skyline met twee insittendes was, volgens inligting, ook betrokke.
Die ondersoekbeampte in die saak, s-adj off Albert van Wyk, het gevra dat ooggetuies na vore moet kom.
Hy kan by 011 741-4800 gekontak word.
Lees die berig oor die ongeluk hier: Gru-ongeluk eis motorfietsryer en pa van twee jong kinders
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



