Drastiese optrede is nodig
''Motoris'' skryf per e-pos: Met vewysing na die onlangse ongelukke op die brug in Farguharsonweg.

Iemand moet regtig iets begin doen, soos om spoedhobbels aan te bring.
Woensdagaand (29 April) het ‘n BMW amper in my motor vasgejaag.
Ek was oppad huis toe en het my kinders by my in die voertuig gehad.
Daar was ‘n voertuig voor my, wat net na die brug ‘n flikkerlig aangehad het, om by die meenthuise regs in te draai.
Ek het agter dié kar gestop en gewag dat dit draai.
Die BMW het met ‘n geweldige spoed oor die brug gejaag gekom.
Ek moes van die pad afgaan om te voorkom dat die BMW in my vasry, en waarskynlik ook in die voertuig wat gestaan het om te draai.
Daar was genadiglik nie ‘n botsing nie.
Nee wat, iets moet nou baie vining gedoen word.
Lees ook:
Gru-ongeluk eis motorfietsryer en pa van twee jong kinders
Nog ‘n ernstige ongeluk op brug waar motorfietsryer sterf



