Editor's choiceLocal newsNews

Voormalige burgemeestersvrou oorlede

‘n Voormalige burgemeestersvrou van die dorp, wat ook ‘n puik atleet was, is Saterdag ter ruste gelê.

Joey Rudman (86) is verlede Dinsdagoggend oorlede.

Sy was 41 jaar getroud met Abri Rudman (89), ‘n voormalige raadslid en besigheidsman van die dorp.

Rudman sal verseker, ten spyte van haar roemryke atletiekloopbaan, onthou word vir die welsynwerk wat sy in die dorp verrig het.

Sy was ondermeer ‘n senior stigterslid van die Frank Mynhardt Sorgsentrum en sy was een van die vier stigterslede van die Babs Koen Kinderhuis (vandag die East Rand Children’s Haven).

Kinders en mense in nood het haar baie na aan die hart gelê en sy het nooit geskroom om haar gewig agter ‘n projek in te gooi nie.

Sy was vir twee termyne aan haar man se sy toe die Rudmans die burgemeesterspaar van die dorp was, in 1978 en weer in 1982.

Volgens haar man het sy haarself egter nooit in die politiek ingemeng nie en het sy nooit iemand gekritiseer nie.

Sy was ‘n bekende gesig op die dorp wanneer sy op haar fiets rondgery, en haar inkopies gedoen het.

Haar atletiekloopbaan het oor etlike jare gestrek.

As veteraan het sy oor ‘n lang tydperk by vele plaaslike en internasionale byeenkomste sowat 102 medaljes ingepalm.

Volgens Abri is 92 van hierdie medaljes vir eerste plekke wat sy in die 100m en 200m items behaal het.

Op internasionale byeenkomste, onder andere in Los Angeles en Houston, het sy ook geskitter op die baan.

Sy het ook in 1983, as Springbok, aan die Wêreldspele in Porto Rico deelgeneem.

Rudman laat vier kinders, 10 keinkinders en sewe agterkleinkinders agter.

Die begrafnis het Saterdag, vanuit die NG Kerk, Brakpan-Wes, plaasgevind.

Lees ook:

Community mourns death of two entertainers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button