Local newsNews

Hulp teen die winter koue

Die Ondersteuningsraad van Brakpan het Saterdagoggend komberse, musse, serpe en jasse aan sowat 100 minderbevoorregte persone uitgedeel.

Die Ondersteuningsraad pak elke jaar ‘n projek aan om diegene, wat in nood verkeer, van warm klere in die winter te voorsien.

“Ons samel jasse en baadjies, komberse, serpe en mussies in, wat ons in die winter aan die mense oorhandig,” het Mona Loubser, hulp maatskaplike werkster van die raad verduidelik.

“Ons is in die middel van ‘n koue winter, waar dit veral snags bitter koud raak en ons hoop om op dié manier ‘n verskil te maak,” het sy bygevoeg.

Die behoeftiges het Saterdagoggend elkeen ‘n beker sop en brood ontvang voordat die goedere uitgedeel is. Heila Prinsloo, wat een van die ontvangers was, het gesê dat sy baie dankbaar is.

“Dit is moeilik daar buite en ons is baie dankbaar teenoor almal wat goed geskenk het sodat ons warmer kan kry,” het sy gesê. Die personeel van die Ondersteuningsraad het ook almal bedank wat skenkings gemaak het vir die projek.

“Besighede en individue het weer gesorg dat ons ‘n verskil in ‘n paar mense se lewe kan maak en ons is baie dankbaar daarvoor,” het Loubser gesê.

Lees ook:

Ondersteuningsraad wil mense weer die winter help

Ondersteuningsraad reik uit na die gemeenskap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button