Local newsNewsUpdate

Opvolg: Soektog na vermiste persoon eindig tragies

Na weke se soektog en kommer is die raaisel van ‘n 51-jarige inwoner van die dorp uiteindelik opgelos.

David John Bardsley is Dinsdag in die Tambo Memorial Hospitaal oorlede.

Sy broer, Melvin (45), het Woensdag aan die Herald gesê dat hy inligting ontvang het, wat daarop gedui het dat sy broer moontlik in die hospitaal kon wees.

Hy het gaan navraag doen en uitgevind dat David Dinsdag (11 Augustus) oorlede is.

“Sover ek weet was my broer by die Verre Oos-Rand Hospitaal geregistreer as ‘n pasiënt.”

“Ons het, na sy verdwyning, dáár en by die Pholosong Hospitaal navraag gedoen, maar nooit gedink om by ander hospitale aan te klop nie,” het Melvin gesê.

“Ek sou hom regtig wou groet, maar ek was te laat.”

Volgens Melvin is sy broer reeds op 18 Julie in die hospitaal opgeneem.

Hy is op 19 Julie as vermis by die Brakpan Polisiestasie aangemeld.

Daarna het ‘n grootskaalse soektog na die man gevolg.

Die soektog is verskerp toe daar ‘n bebloede duvet, wat aan Bradsley behoort het, in ‘n veld oorkant die huis waar hy gebly het, gevind is.

Die veld is vir sowat twee dae gefynkam, maar het niks opgelewer nie.

Melvin het gesê dat hy nog sy broer se liggaam amptelik moet uitken.

“Volgens die rekords, wat ek gesien het, is hy aan lewerversaking oorlede,” het Melvin gesê.

Intussen is hy besig om reëlings te tref sodat sy broer met waardigheid ter ruste gelê kan word.

Lees ook:

Vermiste se verdwyning steeds ‘n raaisel

Soektog na vermiste man verskerp nadat bebloede duvet in veld gevind is

Soektog na vermiste man gaan voort

Twee gearresteer wat besittings van vermiste man verkoop

Geen nuwe leidrade in Bardsley soektog nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button