Editor's choiceLocal newsNews

Brandon kry nuwe bal, kan nou weer oefen

‘n Weldoener het Donderdagmiddag gesorg vir ‘n groot glimlag op Brandon Ward (10), se gesig toe hy ‘n splinernuwe krieketbal gekry het.

Die Herald het die week ‘n brief gebupliseer waarin Brandon se ma, Rika,  haar misnoeë uitspreek teenoor ‘n persoon wat Sondag (9 Augustus) haar kind se enigste krieketbal gesteel het.

Die bal het in die pad gerol terwyl Brandon en sy pa Francois geoefen het en twee persone in ‘n wit Nissan bakkie het stilgehou en dit opgetel.

Dit ten spyte van die feit dat Francois vir hulle aangedui het dat die bal nie aan hulle behoort nie.

Lees die volledige brief hier

Sanet Oosthuizen het die brief op die Herald se webtuiste gelees en dadelik ingespring om vir die seun ‘n nuwe bal te kry. Sy het dit Donderdagmiddag aan hom oorhandig.

Brandon het baie dankie gesê en breed geglimlag oor sy nuwe bal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button