Editor's noteLocal newsNews

Beplande kragonderbrekings vir Brakpan

Vanweë voortdurende pogings om stabiele en betroubare kragvoorsiening aan verbruikers te verskaf, sal die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) noodsaaklike instandhouding en herstelwerk uitvoer.

Read the English version here

Daar sal dus ’n beplande kragonderbreking wees, sodat noodsaaklike herstelwerk uitgevoer kan word. Dele van Brakpan en omliggende gebiede sal kragonderbrekings op 1 en 3 September vanaf 8vm tot 4nm ondervind.

Die volgende areas sal geaffekteer word:

Dinsdag 1 September:

  • Dalpark Proper;
  • Dalpark Uitbreiding Vyf;
  • Dalpark Uitbreiding Nege;
  • Dalpark Uitbreiding 11;
  • Dalpark Uitbreiding 13.

Donderdag 3 September:

  • Die hele Dalview gebied.

Die EMM vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak kan word en herinner inwoners om alle elektriese toevoerpunte as lewendig te beskou vir die duur van die onderbreking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button