Local newsNewsSchools
Dalwers woeker met hul talente
Die Laerskool Dalview is onlangs, uit ‘n groot aantal skole landswyd, genomineer om deel te neem aan ‘n inisiatief wat deur Shoprite Checkers daar gestel is om Wêreld Entrepreneursdag (21 Augustus) te vier.
Die #SmartCakes skool inisiatief is daarop gemik om entrepreneurskap en leierskap by jong mense te ontwikkel.
Dalview se span het briljant gevaar. Hulle het ‘n eerste plek onder die laerskole ingepalm en algeheel tweede geëindig.
Die span moes aanvanklik “cup cakes” verkoop en met dié poging het hulle R1 104 ingesamel.
Dié geld kon toe gebruik word om ‘n tweede projek aan te pak, en die leerders het ingespring en ‘n groter verskeidenheid eetgoed by hul skool verkoop.
Met dié poging is daar R7 977,50 ingesamel.
Die geld wat ingesamel is gaan na die skool se graad sewe fonds.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



