
Borgtog is nie aan hom toegestaan nie en die saak is uitgestel tot 21 September wanneer hy weer in die hof sal verskyn.
Dié twee aanklagte teen die beskuldigde, wat onlangs deur lede van die Brakpan anti-kapingseenhied vasgetrek is, is blykbaar ook net ’n druppel in die emmer. Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het voorheen bevestig dat daar sake teen die man ondersoek word in onder andere Benoni, Boksburg, Valeria in Johannesburg en Charl Cilliers in Mpumalanga.
Daar word al blykbaar lank na dié man gesoek.
Hy was veral vir eiendomsagente ’n nagmerrie omdat hy homself glo voorgedoen het as ’n voornemende huiskoper. Hy het na bewering dan huishoudelilke items uit die huise gesteel.
Lees ook:
Waarskuwing: Wees versigtig as iemand jou voertuig lig stamp, dit is moontlik ‘n lokval



