Manie is bankvas agter die Bokke
Manie Roets (42) het die Herald se Springbok ondersteuner fotokompetisie gewen.
Manie, wat in Minnebron woon, glo dat hy een van die grootste Springbok ondersteuners ooit is.
Nie eens die Bokke se skok nederlaag teen Japan, Saterdag, in hul openingswedstryd, het hom ontsenu nie.
“Die Bokke het maar so bietjie styf begin, maar ek glo dat Heyneke Meyer ‘n definitiewe plan het,” het Manie gesê.
“Ek glo dat die Bokke steeds die Wêreldbeker kan wen.”
Manie het ‘n foto van homself ingestuur by sy motorfiets, wat hy self in groen en goud gespuitverf het.
Dié foto het vir hom ‘n R500 geskenkbewys van Sherwood Pick n Pay in die sak gebring.
Talle ander inskrwyings is ook ontvang. (Kyk hier na meer foto’s)
Ons wil ook graag hê dat lesers steeds moet aanhou om vir ons foto’s te stuur terwyl die Wêreldbeker toernooi aan die gang is.





