Editor's noteLocal newsNews

Stukkende hysers: tydelike verligting

Solidariteit Helpende Hand sal tydelik verligting bring aan die bejaardes van die Tweedy Park woonstelle, wat basies vasgekeer sit in hul woonstelle, as gevolg van hysbakke wat nie werk nie.

Die Herald het die afgelope tyd berig oor die dilemma van die bejaarde mense op die hoër vloere van die agtverdieping-woonstelblok.

Solidariteit Helpende Hand het te hore gekom van die situasie en besluit om in te gryp.

Die organisasie gaan vir tyd en wyl, totdat daar ‘n permanente oplossing gevind kan word, ‘n Tuisgenoot aanstel.

Die Tuisgenoot sal die bejaarde inwoners wat grootliks vasgekeer is op die vloere waar hulle woon, behulpsaam wees met die aankoop van noodsaaklike goedere, hulp met reëlings rondom die vervoer van die bejaardes vir mediese sorg en om ander maatskaplike kwessies, soos uitbuiting, uit te skakel.

Die goederehysbak van Tweedy Park se agtverdieping-woonstelblok is alreeds vier jaar buite werking en ongeveer drie maande gelede het die passasiershysbak ook onklaar geraak.

Die bejaardes sukkel om goedere soos kos en ander noodsaaklike ware te gaan koop.

Siek pasiënte moet by trappe afgedra word indien hulle die gebou wil verlaat om mediese hulp te verkry.

Verder blyk dit dat daar ook uitbuiting plaasvind, deurdat inwoners aardige bedrae moet betaal aan “persone wat hulp aanbied” om inkopies te gaan doen en medisyne af te haal.

Helpende Hand se Tuisgenoot-projek is reeds suksesvol in agt dorpe geïmplementeer en fokus spesifiek daarop om bystand aan bejaardes te gee.

Die konsep van die Tuisgenoot berus op die aanstelling van ’n betroubare persoon wat na die belange van die bejaardes in ’n spesifieke area omsien.

Helpende Hand stel ook so ’n persoon aan in tye waar mense ’n spesifieke nood of krisis beleef.

“Die fokus van die Tuisgenoot-projek is om hoop te gee waar swaarmoedigheid heers. Ons is ook bekommerd oor die uitbuiting wat hier kan plaasvind en wil dit so gou moontlik bekamp deur die plasing van die Tuisgenoot,” het dr Danie Brink, Hoof Uitvoerende Direkteur van Helpende Hand, oor die inisiatief gesê.

“Vanuit die Solidariteit Beweging het Helpende Hand en AfriForum saam met tegnici van OTIS, die vervaardiger van die hysbak, ’n besoek aan die woonstel blok gebring om die koste van die herstelwerk te beraam.”

Om Helpende Hand by te staan om die lewens van hierdie bejaardes te vergemaklik, SMS die word “hysbak” na 38969 en skenk R10. Vir meer inligting, kontak Riaan du Plooy by 012 644 4390, of stuur ’n e-pos na riaan@helpendehand.co.za.

Lees ook:

Thief brought Tweedy Park lift to a halt

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button