CrimeLocal newsNews

Seun (11) kom op volgroeide fetus af

’n 11-jarige seun was Woensdag geskok toe hy in Wendenlaan op ’n volgroeide fetus, wat gedeeltelik in koerantpapier toegedraai was, afgekom het.

Die fetus het voor ’n asblik op die hoek van Wendenlaan en Highstraat gelê.

Gert Calitz, het dadelik sy ma, Elize Oosthuizen (40), wat ook in Wendenlaan woon, gaan roep.

“Ons het gaan kyk en ek kon nie glo toe ek die volmaakte babaseuntjie net daar sien lê nie,” het Elize aan die Herald gesê.

Die naelstring was nog aan die kind geheg en die nageboorte was ook in die koerantpapier toegedraai.

“Ek het huistoe gegaan en ’n kombers gaan haal om die baba toe te gooi,” het Elize gesê.

Die SAPD is gekontak en die fetus is later verwyder.

“Dit was regtig baie ontstellend veral vir Gert,” het Elize gesê.

Volgens kapt. Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, is die fetus na die Springs Lykshuis geneem.

’n Ondersoek sal gedoen word.

Die volgroeide fetus is Woensdag op die hoek van Wendenlaan en Highstraat gevind.
Die volgroeide fetus is Woensdag op die hoek van Wendenlaan en Highstraat gevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button