Dit het tot ’n jaagtog en die eindelike arrestasie van die man gelei.
Volgens inligting van die Brakpan SAPD is ’n Mazda 323 voertuig Vrydagoggend op die hoek van Queenlaan en Highstraat gesteel.
Inligting oor die voertuig is gesirkuleer en lede van die anti-kapingseenheid het die voertuig naby Carnival City opgemerk.
’n Jaagtog het gevolg, waarna die verdagte blykbaar talle verkeerstekens verontagsaam het en glo ook gepoog het om die SAPD voertuig van die pad af te druk.
In Windmill Park het die verdagte ook blykbaar meer as een keer, tydens die jaagtog, voetgangers se lewe in gevaar gestel.
Skote is op die vlugtende verdagte afgevuur waarna die voertuig tot stilstand gekom het.
Die man, wat in die been gewond is, is op die toneel gearresteer.
Hy word tans onder polisiebewaking in die hospitaal behandel en sal eersdaags in die hof verskyn op aanklagte van diefstal van ’n voertuig asook roekelose en nalatige bestuur.
Lees ook:
Man will spend 15 years in jail after killing his girlfriend
Five arrested for possession of car breaking implements
Crackdown on Brakpan drug dealers