CrimeEditor's noteLocal newsNews

Fetus op hoek bly steeds ’n raaisel

Daar is steeds geen spoor van die vrou wat verlede week geboorte geskenk en daarna die volgroeide fetus op die hoek van Wendenlaan en Highstraat gelaat het nie.

’n 11-Jarige seun was verlede Woensdag geskok toe hy in Wendenlaan op die fetus, wat gedeeltelik in koerantpapier toegedraai was, afgekom het. Dit het voor ’n asblik gelê.

Gert Calitz, het dadelik sy ma, Elize Oosthuizen (40), wat ook in Wendenlaan woon, gaan roep.

“Ons het gaan kyk en ek kon nie glo toe ek die volmaakte babaseuntjie net daar sien lê nie,” het Elize aan die Herald gesê.

Die naelstring was nog aan die kind geheg en die nageboorte was ook in die koerantpaier toegedraai.

Die volgroeide fetus is Woensdag op die hoek van Wendenlaan en Highstraat gevind.
Die volgroeide fetus is verlede Woensdag op die hoek van Wendenlaan en Highstraat gevind.

“Ek het huistoe gegaan en ’n kombers gaan haal om die baba toe te gooi,” het Elize gesê.

Die SAPD is gekontak en die fetus is later verwyder.

“Dit was regtig baie ontstellend, veral vir Gert,” het Elize gesê.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het Maandag gesê dat die ondersoek steeds voortduur.

Woedende en erg ontstelde lede van die publiek het hul misnoë op die Herald se Facebookblad gelig, nadat die voorval op ons webtuiste www.brakpanherald.co.za geplaas is.

Hier volg sommige van die kommentaar:

*In sommige gevalle is dit gewysig.

  • Nicola Uys: Fetus? Dis lankal nie meer ’n fetus nie dis ’n baba, ’n lewende mensie. Hoekom voort gaan met die swangerskap in die eerste plek as jy weet dat dit die eind resultaat gaan wees?
  • Ronel Olivier: Dit is onmenslik, daardie onskuldige baba het ook ’n reg op lewe gehad.
  • Sue Hirselmann-Scheppel: Siek, siek, siek, siek, vrou. Hoop hulle vang haar en sluit haar vir die res van haar natuurlike lewe toe. Hoe kan ’n ma so harteloos wees. Ai kleintjie, hoop jy rus sag by Liewe Jesus.
  • Cisca de Lange: En wanneer hulle haar kry moet sy onmiddelik ’n vol histerektomie ondergaan. Sonder vrae of toestemming of menseregte. Sy verdien diselfde hoeveelheid menseregte as wat sy haar baba gegun het. Daar is geen verskoning vir dit nie. Geen versagtende omstandighede nie. Ek glo elke vrou wat al ’n baba onder haar hart gedra het en elke vrou met leë arms se hart breek vandag.
  • Renet Weyers: Ai daar is baie mense wat kindertjies wil hê wat nie hul eie kan kry nie, moenie net die kind weg gooi nie, dis bitter hartseer! Sy sit met daai gewete die res van haar lewe!
  • Christien du Plooy: Hoop julle kry haar en sluit haar toe sulke mense moet om die lewe gebring word, bring die dood straf terug dit is moord.
  • Nicolene Weideman Brooks: Dis belaglik dat ’n vrou so iets kan doen. Hel man, kry iemand wat na die kind kan kyk en as daar iets gebeur het en die kind is stil gebore gaan hospitaal toe man. Mense moet bietjie hulle humanity terug kry, want iemand wat so iets doen kan nie ’n mens genoem word nie.
  • Vicky Meyer Landsberg: Die tronk is te goed vir daardie vrou. Hoe kan jy jou baba net so neer gooi en weg loop. My hemel daar is baie ander maniere, maar nie so nie. Mag die Here jou hard straf om so mooi volmaakte baba net so te los, kan dit nie glo nie. Maak nie saak wat jou omstandighede is nie, kry hulp. Al wat ek graag wil weet is hoe lewe daardie vrou met haarself?
  • Corrie Kasurinen: Ag weet julle, hulle het geen gewete nie gaan weer een maak en weg smyt, wie weet hoeveel het sy nie miskien al so weg gegooi nie!
  • Yolandia Oberholzer: Dit walg my! Ek kan nie glo dat enige iemand eers so iets kan doen nie! Ek sal so iemand iets aandoen, daar is altyd iets wat gedoen kan word, ’n plan wat gemaak kan word as jy net vra. Niemand verdien om so dood te gaan nie, wat nog van ’n weerlose onskuldige babatjie. Sies vir jou!
  • Barbara Archibald: How disgusting!
  • Madelein Coetzee Lundie: Why why why why?
  • Stienie van der Berg: Dit is onmenslik en daai vrou is nie ’n vrou nie. Sy is ’n gemors wat nie verdien om asem te haal nie. Sy verdien alles wat na haar kant toe kom, God sal dit nie ongestraf laat nie.
  • Stephanus Fourie: Liewe Heer, straf die onmenslike duiwel vrou wat dit gedoen het asseblief baie hard.
  • Iris Croeser: Daar is hoeveel mense wat, wat sal gee om ’n kindjie te hê en jy doen so iets.
  • Nandi Cooper: Dis moord! Sluit haar toe! Daar is hoeveel huise ’n paar tree weg. Hoeveel moeite sou dit gekos het om net die kleine mensie voor iemand se deur neer te sit?
  • Andre Weideman: Condoms are free.
  • Madelyn Hattingh: Speechless…dit breek ’n mens se hart.

Besoek die Brakpan Herald Facebookblad om nog kommentaar te lees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button