Editor's choiceLocal newsNews

Haelstorm rig derduisende rande se skade aan

Die haelstorm, wat die dorp gistermiddag net na 3nm getref het, het massiewe skade, in groot dele van die dorp aangerig.

Op dié stadium sou dit moeilik wees om die presiese omvang van die skade in rand waarde te bepaal, maar gemeet aan die verwoesting, in veral sekere woonbuurte, sal die skade miljoene rande beloop.

Dit wil voorkom asof dit veral Minnebron en Brenthurst is, wat die ergste deurgeloop het.

Dakke is afgeruk en motorafdakke het by tien talle huise op voertuie ineengestort.

Die dak van die Caltex Motorhawe in Prince Georgelaan het ook ingetuimel en op talle voertuie, te lande gekom. Baie van die motoriste het juis onder die dak gaan parkeer om skuiling  teen die hael te kry.

Dit is op die stadium nog nie bekend of daar motoriste is wat beseer is nie maar daar was nie noodlottige beserings nie.

‘n Vragmotor en ten minste een voertuig het in die moeilikheid beland in die Stoffberg duikweg, wat baie gou  in ‘n kolkende watermassa verander het.

Chaos het vir lank op die paaie geheers en ‘n sekere mate van normaliteit het eers laat gisteraand terug gekeer.

By die Springs vliegveld, wat aan Brenthurst grens, is die skade ook enorm aangesien sommige dakke van stoorplekke (hangars) op die vliegtuie ingetuimel het.

Massiewe opruimings- en herstelwerk is baie inwoners se voorland.

Kyk hier na ‘n video en foto’s van die haelstorm:

Hail storm in Brakpan

Haelstorm (1)

Haelstorm (2)

Haelstorm (3)

Haelstorm (4)

Haelstorm (5)

Haelstorm (6)

Haelstorm (7)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button