Editor's noteLocal newsNews
Polisie gee raad na drie vroue agtervolg en beroof is
’n 36-Jarige inwoner van die dorp het verlede week saam met haar kind en dié se vriendin benoude oomblikke beleef toe hulle in die vroeë oggendure deur vier gewapende mans agtervolg en beroof is.

Die aanvallers het ook probeer om Adriana Hadden se 18-jare dogter uit die voertuig te pluk. (Lees die artikel hier).
Die Herald het kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, gevra wat die beste raad sal wees indien ’n persoon en veral vroue, vermoed dat hulle agtervolg word.
Hy het ook ander algemene wenke gegee ten opsigte van motoriste se veiligheid.
Sy raad is soos volg:
- As jy vermoed dat jy agtervolg word ry na ’n plek waar ’n kaping moeiliker sal wees soos byvoorbeeld ’n verligte vulstasie of waar daar verkeer is.
- Indien jy naby ’n polisiestasie is, is dit is raadsaam om daarheen te ry.
- Druk op jou toeter om ander motoriste of voetgangers se aandag te trek.
- Indien dit donker is of op ’n afgeleë plek is moet jy nooit stilhou nie.
- Hou altyd die motor se deure gesluit en hou die vensters toe.
- As jy ooit in die kattebak van ’n motor gedwing word, probeer om die agterlig uit te skop en steek jou hand daardeur.
- Kyk altyd eers deeglik na die binnekant van jou voertuig voordat jy inklim. Kyk agter in die kar, agter die sitplekke en op die vloer aan die passasierskant.
- Dit is noodsaaklik om die kantspieëls en truspieël so te stel dat jy altyd die beste moontlike uitsig het.
- Kapers en rowers gebruik slim metodes om motoriste te kry om stil te hou. Moet nooit stilhou by iemand wat lyk of hul ’n beseerde troeteldier langs die pad behandel nie, dis ’n algemene slenter wat gebruik word. Wanneer iemand liggies agter in jou motor vasry kan dit ook ’n manier wees om jou uit jou motor te kry. Wees versigtig.
Lees ook:
Ek het moord in die man se oë gesien
Kind se hand oopgeruk toe vuurwerk dit tref
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



