Jou ou klere kan ander help
’n Groepie flukse vroue, wat nie doekies omdraai wanneer dit by liefdadigheid en fondsinsameling kom nie, is elke dag baie bedrywig by die Eric Holdtman Dienssentrum.
Die vroue, onder die leiding van Pon Coetzer (91), bestuur ’n winkel waar tweedehandse klere en ander items verkoop word.
Fondse wat op dié wyse ingesamel word, word op ’n gereelde basis aan Die Kanker Vereniging van Suid-Afrika (Kansa) en Hospice geskenk.
Daar word staat gemaak op die publiek om tweedehandse klere, wat in ’n goeie toestand is, te skenk.
Die vroue versorg dan die klere voordat dit aan belangstellendes verkoop word.
“Ons fokus nie net op tweedehandse klere nie, maar enige ander items,” het ’n woordvoerder van die groep gesê.
“Iemand het onlangs vir ons honderde gebreide vierkantige blokkies gegee.”
“Hierdie blokkies sal ons nou aan mekaar vaswerk om kleurvolle komberse te maak.”
“Dit sal ons weer verkoop of uitloot,” het die woordvoerder gesê.
Persone wat graag goedere wil skenk kan vir Pon kontak by 082 696 8413.



