Editor's choiceLocal newsNews
Bekende bakkery in puin gelê deur brand
‘n Bekende bakkery in die dorp is gisteraand (Vrydagaand) gedeeltelik in puin gelê toe ‘n brand na 9nm in die gebou uitgebreek het.
Nooddienste was lank op die toneel om die brand, by D&S Tasty Treats, wat in Prince Georgelaan geleë is, onder beheer te bring.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en sover vasgestel kon word, is niemand beseer nie.
Die bakkery was vanoggend (Saterdag) gesluit. ‘n Sterk reuk van rook het steeds in die lug gehang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




