Local news

Vroue hoor hoe om die verskil te wees by VLU

Brakpan se VLU-tak het Dinsdag bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering, waar skoonheid-koningin Bianca Birnie die gasspreker was.

Brakpan se tak van die Vroue-Landbou-unie (VLU) het op Dinsdag, 13 Oktober, vir hul maandelikse vergadering byeengekom. Die lede het na skoonheidskoningin Bianca Birnie geluister, wat hulle meer vertel het oor die tema vir die jaar: “Wees die verskil.”

Sy het die vroue gevra: “Wie se lewe gaan beter wees omdat jy daarin is? Gaan iemand meer hoop hê, meer glimlag, of net onthou dat daar ‘n vrou is wat bereid was om te luister?”

Volgens Birnie is dit maklik om ‘n verskil te maak. “Mense is dikwels vinnig om te kritiseer, en stadig om te verstaan. Ons vergeet soms om raak te sien hoeveel iemand deurgaan, maar jy hoef nie ryk, beroemd of belangrik te wees om liefde te gee nie,” sê sy.

Om te luister, te probeer verstaan, op ‘n klein manier te help kan, volgens Birnie, ‘n reuse verskil maak in iemand se lewe, en mens hoef nie self perfek te wees om iemand anders te kan help nie.


Die vroue het ‘n heerlike somersdag geniet tydens die Brakpan VLU se maandelikse vergadering. FOTO: Charma du Plessis

“Soms is ‘n glimlag net genoeg. My ma het altyd gesê ‘n glimlag kos niks. Dit kan dalk iemand se lewe verander. Soms is ‘n drukkie of die woorde ‘ek is hier vir jou’ genoeg,” sluit sy mee af.

Die tak berei voor vir ‘n verkiesing vir ‘n nuwe voorsitter, onder-voorsitter en tessourier waarvoor daar volgende maand gestem sal word, sowel as die laaste pannekoek-verkope by die Just Wheels se opedag wat op 25 Oktober plaasvind.

Die VLU is oop vir enige vroue om lede te word, en behels die verryking van vroue se kennis, wysheid en praktiese vaardighede. Dit verskaf ook vriendskap, doelwitte en liefdadigheid vir lede om na te streef.

Indien enigeen ‘n vergadering wil bywoon, of ‘n lid wil word, kan hulle die tweede Dinsdag van elke maand by die Just Wheels klubhuis ‘n draai maak, of takvoorsitter Delores van Rooyen by op 083 785 6104 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button