Ondersteun uitreikingsprojek
Die publiek kan inspring en help met die projek deur sekere items te skenk.

Hanrimed Apteek is tans besig om items bymekaar te maak vir ‘n uitreikingsprojek wat die personeel van die apteek onderneem het.
Die organiseerders sal minderbevoorregte mense identifiseer en op 8 Mei sal goedere, wat van nou tot dan ingesamel word, uitgedeel word.
Die publiek kan inspring en help met die projek deur sekere items te skenk.
Goedere wat benodig word is tweedehandse klere wat in ‘n goeie toestand is, skryfbehoeftes (veral vir skoolgaande kinders), nie-bederfbare goedere soos koffie, suiker, tee, blikkieskos, mieliemeel, pasta, grondboontjiebotter en kookolie.
Skoonmaakmiddels, seep, tandepasta en sjampoe sal ook baie welkom wees.
Daar is ook ‘n groot nood vir komberse en ander beddegoed wat in ‘n goeie toestand is.
Die Guardian Angel Motorfietsryers gaan op 8 Mei saam met die personeel van Hanrimed en ander vrywilligers staan om die goedere te versprei.
Enigiemand wat meer inligting verlang kan vir Lea Naude by 076 378 5334 kontak.
Skenkings kan ook by Hanrimed Apteek, wat te 371 Voortrekkerweg geleë is, afgelewer word.
Lees ook:
Children’s home needs your help



