Editor's choiceLocal newsNewsBreaking News

VIDEO EN FOTO’S: Vyf voertuie in riller botsing

Een persoon is vanoggend (Vrydag) ernstig beseer toe vyf voertuie op die hoek van Range Viewweg en Airport Drive in ’n ongeluk betrokke was.

Die ongeluk het ongeveer 9.30vm plaasgevind, op die kruising naby die hoofingang van die Mall@Carnival.

Volgens, Daine Jones, woordvoerder van die Ekurhuleni Nooddienste, is ’n man met ernstige kopbeserings na die Sunshine Hospitaal in Actonville vervoer.

Nog ’n man, wat vir minder ernstige wonde op die toneel behandel is, is na die Verre Oosrand-hospitaal geneem.

Volgens Jones was daar net een insittende in elk van die vyf voertuie wat betrokke was.

Kyk hier na meer foto’s:

Vyf voertuie betrokke in ongeluk naby Mall@Carnival (1)

Vyf voertuie betrokke in ongeluk naby Mall@Carnival (2)

Vyf voertuie betrokke in ongeluk naby Mall@Carnival (3)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button