Skenk jou ou skoene vir minderbevoorregtes
Skenkings van enige nuwe of tweedehandse skoene in alle groottes sal welkom wees.

Die Brakpan polisie het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om skoene te skenk aan die polisiestasie se jaarlikse skoenprojek “Geen Koue Voete” (ook bekend in Engels as “No Cold Feet“).
Met die hulp van die publiek wil die polisiestasie soveel pare skoene as moontlik aan minderbevoorregte mense skenk.
Skenkings van enige nuwe of tweedehandse skoene in alle groottes sal welkom wees.
Die polisie vra beleefd dat tweedehandse skoene verkieslik in ‘n goeie en skoon toestand moet wees.
Skenkings van baba- en kinderskoene sal ook waardeer word.
Skoene kan afgelaai word by die polisiestasie, in Gardinerlaan, afgelaai word.
Vir meer inligting, kontak vir kapt Joep Joubert by 011 744 4940.
Lees ook:
No Cold Feet project receives numerous pairs of shoes
More than a 1000 pupils receive new school shoes



