Editor's noteLocal newsNews

Tannie Sarie ontvang nuwe loopraam net voor haar 91ste

Eers is blomme aan tannie Sarie oorgehandig en sy het met trane in haar oë gevra: “Maar hoe weet julle dat dit amper my verjaarsdag is?” min wetende wat nog gaan kom.

Sarie Theron (90) het Vrydag ‘n groot verrassing ontvang terwyl sy by die Plaaskombuis, by die Brakpan Tuinsentrum, saam oudkollegas ontspan het.

Motorfietsryers, van End Time Messengers en Fanatic Riders, het almal bymekaar gekom om Sarie te verras met ‘n splinternuwe loopraam.

Die nuwe loopraam.
Die nuwe loopraam.

Gerhard Vermaak, visiepresident van End Time Messengers, het dit goed gedink om vir tannie Sarie ‘n loopraam te skenk toe hy onlangs gesien het hoe moeilik sy dit vind om rond te beweeg.

“Dit was moeilik vir haar om inkopies te doen, aangesien haar vorige loopraam oud en gewoon was. Met die nuwe loopraam kan sy maklik haar inkopies binne die mandjie bêre en selfs op die sitplek bietjie rus as sy moet,” het Gerhard gesê.

Hy het motorfietsryers aangespoor om saam met hom vir tannie Sarie te gaan kuier sodat hulle die loopraam kan oorhandig.

Vrydag het almal bymekaar gekom by die Plaaskombuis. Eers is blomme aan tannie Sarie oorgehandig en sy het met trane in haar oë gevra: “Maar hoe weet julle dat dit amper my verjaarsdag is?” min wetende wat nog gaan kom.

IMG_4491 (Large)

Gerhard se twee kinders, Megan (6) en Tegan (9), wat leerlinge aan die Laerskool Dalview is, het toe die loopraam aan tannie Sarie oorhandig. Dit het die 90-jarige, wat hou van klets en grappies maak, skoon stomgeslaan.

“Ons wil net graag met hierdie geskenk bewys dat ons nie vergeet van ons bejaardes nie,” het Gerhard bygevoeg.

Tannie Sarie het tussendeur die trane almal bedank vir hulle goeie harte en natuurlik ook afgesluit met ‘n grappie of twee.

Sy vier haar 91ste verjaarsdag op Saterdag, 18 Junie.

Cap 1 (Large)
Op die foto is Sarie Theron saam met die Vermaak gesin, Gerhard (regs), Tegan en Megan.

Lees ook:

Boeremark staan nie terug vir reën

Plek wat na kinders omsien het jou hulp nodig

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button