Local newsNews

Groot pryse op die spel vir die beste revue

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer sal ook ‘n sertifikaat van deelname ontvang.

Die nasionale revuekompetisie, Revue SA 2016, wat deur Lefra Produksies aangebied is vir laer- en hoërskole, sal vanaf 5 tot 21 September in Carnival City se Big Top Arena uitgespook word.

Slegs 26 laerskole en 26 hoërskole sal aanvanklik gekeur word om deel te neem aan Revue SA 2016.

Om vir keuring aansoek te doen, moet die volledige inskrywingsvorm voltooi word en skole moet dan ‘n 10 minute video saam met die inskrywingsvorm aanstuur.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Augustus. Keuring sal op 26 Augustus afgehandel wees, waarna gekeurde skole in kennis gestel sal word.

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer sal ook ‘n sertifikaat van deelname ontvang.

Vir enige navrae oor die revuekompetisie, of om in te skryf, kan Lefra Produksies geskakel word by 011 815 3000, of stuur ‘n epos aan navrae@revues.co.za. Volledige inligting verskyn ook by www.revues.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button