Local Elections newsLocal news

Jeug moet hul stemme gebruik in 2026 se plaaslike verkiesing

Volgens Ewald is dit belangrik dat die jeug, wat kwalifiseer om te stem, gebruik sal maak van die geleentheid.

‘n Matriek leerder aan Hoërskool die Anker, Ewald Benade (18) gaan vanjaar vir die eerste keer aan ‘n verkiesing deelneem wanneer hy op 4 November sy kruisie gaan maak.

“Ek is opgewonde om uit eindelik ‘n sê te hê oor wie ons plaaslike regering gaan verteenwoordig en bestuur,” het hy gesê.

Vir Ewald is dit belangrik vir die jeug om te stem, omdat die jeug ‘n groot aandeel kan hê in die verbetering van die plaaslike regering.

“Ons kan nie kla oor dinge wat nie reg verloop as ons nie bereid is om te stem en self ‘n verskil te probeer maak nie.”

Hy hoop om met sy stem verandering te bring in die mense wat die Stad van Ekurhuleni bestuur, sodat daar werklike verbeteringe in die gemeenskap kan plaasvind.

Van wyksraadslede verwag hy: “Dat hulle na ons mense sal luister en veral ook die behoeftes en menings van die jeug in ag sal neem.

“Ek verwag dat hulle werklik iets vir die gemeenskap sal beteken en nie net daar sal wees om hul eie belange te bevorder nie.”

Die afdeling van die samelewing wat Ewald verbetering in wil sien is die parke en paaie se infrastruktuur, sowel as dienslewering op alle vlakke van die gemeenskap.

“Ek wil ook sien dat die stad se finansies moet beter en meer verantwoordelik bestuur word.”

Sy boodskap aan die jeug vir die verkiesing is om die verskil te wees wat hulle in hul omgewing wil sien.

“Gaan uit, gebruik jou stem, en laat jou stem tel,” sê hy.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button