Local newsNews

Ringbal vir skoliere

"Kom en geniet ’n heerlike oefensessie en bly sodoende ook fiks met ’n sportsoort wat vir almal bedoel is.”

Skoliere word uitgenooi na ringbal oefeninge wat op Dinsdae en Donderdae aande om 6.30nm by die Charl Baard Stadion plaasvind.

Belangstellendes vanaf o-11 tot o-18 is welkom om by die oefensessies in te skakel.

Spanne word ook binnekort verkies om die streek te verteenwoordig tydens die SA Nasionale Skole Kampioenskappe.

“Diegene wat nog nie ringbal ken nie, is ook baie welkom, aangesien ons hulle sal touwys maak,” het een van die organiseerders, Francesca Maas, gesê.

“Kom en geniet ’n heerlike oefensessie en bly sodoende ook fiks met ’n sportsoort wat vir almal bedoel is,” het sy gesê.

Belangstellendes kan vir Maas by 082 922 3068 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button