Editor's noteLocal newsNews

Vriende na 40 jaar weer saam

Vir die res van die aand het ou vriende weer lekker saam gekuier en ou staaltjies gedeel.

‘n Gesellige atmosfeer het verlede Saterdag, by die reünie van die HTS Brakpan se matrieks van 1976, geheers.

‘n Totaal van 23 oud-matrikulante uit ‘n totaal van 57 het die reünie, wat in die lapa van Hoërskool Die Anker (voorheen HTS Brakpan) gehou is, bygewoon.

Die teenwoordigheid van ‘n oud-onderwyser, Hannes de Wet, was een van die hoogtepunte.

Die afgetrede hoof van Hoërskool Die Anker, George Nell, het die gaste toegespreek oor die destydse samesmelting van die HTS Brakpan en die Hoërskool Hoogland, om Die Anker tot stand te bring.

Die huidige hoof van Die Anker, Johan Snyman, het ‘n praatjie gelewer oor die veranderende omstandighede in die onderwys.

Een van die oud-leerders, Hendrik Labuschagne, het 1976 tot 2016 in oënskou geneem en ‘n insiggewende praatjie gelewer oor wat die Bybel van die getal 40 sê.

Vir die res van die aand het ou vriende weer lekker saam gekuier en ou staaltjies gedeel.

“Ons gaan in die nabye toekoms weer geleenthede reël en is dus nog opsoek na klasmaats van 1976,” het een van die organiseerders, Anton Fourie, gesê.

Persone wat meer inligting verlang kan vir Fourie by 082 926 3605, of vir Hendrik Labuschagne by 082 923 3077, kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button