Editor's choiceLocal newsNews

Dokters se uitreik laat die hart vinniger klop

Mother's Nest is 'n plek van veiligheid waar kinders gehuisves word.

Pret en plesier was aan die orde van die dag toe die kinders van Mother’s Nest Saterdag ‘n heerlike middag van bederf ervaar het.

Die geleentheid is moontlik gemaak deur dr Fred Vermeulen en sy vennoot, dr Karinda Pretorius asook personeel van die praktyk, wat almal handjie bygesit het om vir die kinders ‘n onvergeetlike middag te skep.

Die kinders kon na hartelus baljaar en smul aan heerlike braaivleis en slaai en natuurlik lekkergoed en koeldrank.

‘n Hoogtepunt was beslis die geskenke wat die kinders ontvang het.

“Dit was vir ons lekker om terug te gee aan die gemeenskap,” het dr Pretorius gesê.

Sy het ook almal wat betrokke was en skenkings gemaak het bedank.

Mother’s Nest is ‘n plek van veiligheid waar kinders gehuisves word.

Dr Karinda Pretorius (regs) en Yolandie du Toit het speelgoed aan die kinders uitgedeel.
Dr Karinda Pretorius (regs) en Yolandie du Toit het speelgoed aan die kinders uitgedeel.

Meer foto’s: Mother’s Nest se inwoners geniet ‘n prettige dag

Lees ook: A generous donation for Mother’s Nest

Pupils donate chocolate treats

Musiekfees ten bate van Mother’s Nest

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button