Local newsNews

Agt skoliere dring deur na Uitblinkers se semi-finaal

Verskeie leerders van Brakpan se skole het die geleentheid aangegryp en gaan ook nou met hul talente spog in die semi-finaal.

Altesaam 12 jong inwoners van die dorp, waarvan sewe leerders van die Laerskool Môrewag is, het Sondag op kykNET NOU se landswye kompetisie, Uitblinkers, verskyn waarna agt van die begaafde Brakpanners deurgedring het na die semi-finaal.

Lees die oorspronklike berig hier

Uitblinkers is ‘n gospelkompetisie wat fokus op die talente van hoër- sowel as laerskoolleerders.

Die kompetisie word Sondae uitgesaai vanaf 4nm op kykNET NOU, DSTV kanaal 146.

Verskeie leerders van Brakpan se skole het die geleentheid aangegryp en gaan ook nou met hul talente spog in die semi-finaal.

Daar is ook ‘n jong inwoner van die dorp, wat tans aan die Hoërskool Dr EG Jansen skoolgaan, wat ook deurgedring het.

Die semi-finaal vind plaas op Sondag, 19 Maart, om 4nm.

Die lys van leerders wat deurgedring het, is:

Laerskool leerders:

• Juandre Stander, Laerskool Môrewag (graad vier).

• Danicka Pretorius, Laerskool Môrewag (graad vier).

• Jade Bibbey, Laerskool Môrewag (graad ses).

• Juan-Marie Pretorius, Laerskool Môrewag (graad sewe).

Hoërskool leerders:

• Zelandrie de Villiers, Hoërskool Stoffberg (graad nege).

• Mauritz Lottering, Hoërskool Dr EG Jansen (graad 10).

• Leanka Human, Hoërskool Die Anker (graad 11).

• Braam Rieger, Hoërskool Stoffberg (graad 12).

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button