Die Ventertjies kan wikkel met ‘n Ghoema
Die Ventertjies se album Wikkel Vingers is genomineer vir ‘n Ghoema-toekenning vir Beste Boeremusiek-album of Tradisionele Musiekalbum.
Die Ventertjies, wat bestaan uit die twee Venter susters van Brakpan, Lindie-Lee (15) en Nicola (18), is onlangs genomineer vir ‘n Ghoema-toekenning.
Die Ventertjies is ‘n duo kitaarorkes wat boeremusiek weer ‘n nuwe jong lewe gee.
Nicola, ‘n graad 12 leerder aan die Hoërskool Stoffberg, speel die melodiekitaar, terwyl Lindie-Lee, ‘n graad nege leerder aan die Hoërskool Stoffberg, die baskitaar speel, om die duo te vorm wat nog nooit eens ‘n musiekles ontvang het nie en net op gehoor speel.
Kyk na die volgende video van Die Ventertjies wat die Herald verlede jaar geneem het:
Die Ventertjies se debuutalbum, Vlinder Vingers, is in 2015 uitgereik, en verlede jaar is hulle tweede album, Wikkel Vingers, uitgereik.
Die album Wikkel Vingers is genomineer vir ‘n Ghoema-toekenning vir Beste Boeremusiek-album of Tradisionele Musiekalbum.
“Ons het die nuus ontvang terwyl ons nog by die skool was. Ons was regtig verbaas toe ons sien ons is op die nominasie lys. Ons was baie opgewonde gewees om die nuus met almal te deel,” het die twee opgewonde vertel.
“Ons is baie trots op hierdie album – Wikkel Vingers – en vir alles wat dit al bereik het in die kort tyd wat dit vrygestel is. Hierdie is ons heel eerste benoeming vir ‘n Ghoema. Dit maak ons harte ook bly om te sien dat daar nog so baie jong mense na boeremusiek luister en graag daarop dans.”
“Ons maak baie staat op die publiek se ondersteuning en sal dit uit die diepte van ons harte waardeer as hulle vir ons kan stem.”
Die publiek kan stem vir Wikkel Vingers deur ‘PDG8’ te SMS na 39953.

Lees ook:
Die Ventertjies weet van kitaarspeel
Volg ons:



